Asima Chatterjee

Asima Chatterjee
Asima Chatterjee

Geboortenaam Asima Mookerjee
Gebore 23 September 1917
Kolkata, Indië
Nasionaliteit Indiër
Alma mater Universiteit van Kolkata
Bekend vir Organiese chemie

Asima Chatterjee (23 September 1917 – 22 November 2006) was 'n Indiese organiese chemikus wat bekend is vir haar werk in organiese chemie en plantgeneeskunde.[1] Voorbeelde van haar mees noemenswaardige werk is navorsing op vinca alkaloïede, en die ontwikkeling van anti-epileptiese medikasie en anti-malariamedisyne. Sy het ook baie werke oor medisinale plante van die Indiese subkontinent gepubliseer. Sy was die eerste vrou om 'n doktorsgraad in die Wetenskap aan 'n Indiese Universiteit te verwerf.

  1. The Shaping of Indian Science. p. 1036. Indian Science Congress Association, Presidential Addresses By Indian Science Congress Association. Published by Orient Blackswan, 2003. ISBN 978-81-7371-433-7

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search